10 Jaar se ondervinding met “Smiles Bestuurders Akademie”!

Gelukkige Centurion kliënte sê hoekom “Smiles Driving Academy” die beste is!
April 30, 2021
“Smiles Driving Academy” offers you EASY TO CHOOSE, PRE-BUILT Service Packages for Learners licenses
May 14, 2021
Show all

10 Jaar se ondervinding met “Smiles Bestuurders Akademie”!

Daar is sommer ‘n klomp dinge van “Smiles Bestuurders Akademie” wat jou lisensie-kry met ‘n glimlag sal klaar kry, maar een van die belangrikste is die 10 jaar se ervaring wat ons jou kan bied. Vir amper ‘n dekade al werk ons in die bestuurders lisensie industrie, wat beteken ons ken elke hoek en draai in die offisiële sisteem – wat soms oorweldigend kan voorkom as jy nie weet waar om te begin nie. Ons kan die administratiewe reëlings vir jou aangaan, soos besprekings wat gemaak moet word vir toetsdae, sodat jy kan fokus op meer belangrike dinge.

Maar moenie kommer nie, ons is nie net goed met papierwerk en telefoon oproepe nie! Ons instrukteurs, wat beskikbaar is in die Pretoria en Centurion omgewing, kom met jare se ervaring van hulle eie. Hulle het al die lang pad vir jou gestap en is gereed om jou alles te leer wat hulle weet, van prakties tot teorie. “Smiles Bestuurders Akademie” kan jou waarborg dat ons instrukteurs meer as net die nodige ervaring het in pad veiligheid, pad reëls, toetsprosedures en professionele bestuursvermoëns – die perfekte mengsel om jou te help jou bestuurders lisensie of leerders lisensie sommer die eerste probeerslag al te kry.

Ons webblad en Facebook blad is propvol glimlaggende kliënte wat die eerste keer hulle lisensie gekry het, gaan maak ‘n draai om te sien hoekom ons so trots is en met soveel selfvertroue jou sukses kan waarborg. Nog ‘n rede om solank te begin glimlag is dat ons dit so maklik as moontlik maak vir jou om by ons uit te kom. Nie net het ons instrukteurs in omtrent elke woonbuurt in die Pretoria en Centurion omgewing nie, hulle sal jou selfs kom oplaai by jou huis met een van ons eie motors! En met ons verskeidenheid van pakette om van te kies pas ons elke sak of vlak van ervaring.

So word deel van ons groep glimlaggende “Smiles” kliënte – wat die eerste keer hulle lisensie gekry het. Vir meer inligting oor ons verkillende pakette, gaan gerus na ons webblad by https://smilesdrivingacademy.co.za/drivers-service-options/ . Ons sien uit om jou te ontmoet!

Comments are closed.

WhatsApp WhatsApp Us