Bespreek jou Smiles Driving Academy lesse met ons aanlyn!
Met vandag se besige skedule is dit ‘n uitdaging om in kantoor ure by alles uit te kom! So kry Smiles Driving Academy meer en meer ouers wat graag al die leerlinglisensie of bestuurderlisensie pakket opsies dadelik tot hulle beskinkking wil he, dit bespreek met hul kinders, ‘n besluit wil neem oor n pakket wat hulle sak pas en dan sommer betaal daarvoor.
Met Smiles Driving Academy maak ons dit nou self nog makliker met ons aanlyn winkel, wat jou maklik die opsie kan gee, ñ besluit te neem en dan te bespreek aanlyn op n tyd wat jou pas.
Dis so maklik soos volg die 6 stappe:
- Kies die pakket wat jou en jou sak pas:
Beide die web skakels: https://staging.exonika.com/sod/drivers-service-options/ en https://staging.exonika.com/sod/shop/ is bladsye op die Smiles Driving Academy wat jou as n ouer of ‘n voornemende bestuurder die lys opsies kan gee van watter leerling- of bestuurderlisensie pakket opsies ons aanbied.
Die oomblik wat jy as n gebruiker op enige van hierdie opsies druk, sal die Smiles Driving Academy web tuiste die pakket oopmaak, met al die inligting daaroor beskikbaar.
- Sodra jy besluit het watter pakket lyk vir jou goed, druk op die pakket. Werk deur die pakket opsies en druk die “add to cart” knoppie:
Dit maak hierdie pakket beskikbaar vir betaling in jou aanlyn mandjie of “cart”.
- As jy na jou ‘mandjie’ kyk in jou boonste keuse lys dan weet jy, jy is al amper half pad met die proses!
Deur op die ‘mandjie’ knoppie te druk sal die skerm oopmaak wat vir jou wys watter pakket opsie van Smiles Driving Academy jy gekies het. Voordat jy aangaan met die bestelling en betalings gedeelte.
Druk op die ‘proceed to checkout’ knoppie en wens jouself geluk, jy is halfpad!
- Op die ‘Checkout’ bladsy kan jy al jou inligting invoer wat ons sisteem benodig om jou faktuur op te maak. Op hierdie bladsy kry jy aan die onderkant die geleentheid om weer te kyk, of jy tevrede is met die opsie wat jy gekies het, asook die totale koste daaraan verbonde.
Bevestig onder dat jy die termes en voorwaardes aanvaar en druk die ‘place order’ knoppie, wat jou na die laaste gedeelte toe sal vat.
- ‘Checkout’ of Uitteken Bladsy sal dan al jou inligting proseseer, vir jou op die website skerm die bank besonderhede van Smiles gee om jou betaling te maak via EFT,
Of jy as die gebruiker sal via epos n faktuur ontvang met al die inligting wat jy benodig om die betaling te kan maak!
- Betaal jou faktuur via EFT is jou laaste stap. Sodra ons die bestelling aan ons kant ontvang sal ons na jou as die verbruiker toe uitryk via epos om te bevestig of julle enige vragies het en om die tye en betalings vas te maak.
Binne 6 stappe het jy klaar met jou bestelling aanlyn wat gewoonlik by bestuurs skole baie lank kan vat om alles te administreer.
Kontak ons gerus met enige vrae op https://staging.exonika.com/sod/contact-us/ of stuur vir ons n epos na info@smilesdrivingacademy.co.za en ons sal jou bystaan om jou aanlyn pakket opsie bespreking so maklik as moontlik te maak!