Daar is ‘n sekere vryheid wat kom met ‘n motorfiets wat jy nie met ‘n kar kry nie. Die oop pad wat voor jou uitstrek en die wind teen jou lyf, die brul van die enjin en die krag in jou hande – kom ons stel dit so: as die gogga jou eers gebyt het is dit verby! Die gemaklike beweeglikheid en ligter petrolverbruik maak ‘n motorfiets die ideale vervoer vir die stad asook die lang pad. Maar met al die vryheid kom groot verantwoordelikheid – motorfiets ry is ‘n hele ander stel vaardighede wat eers bemeester moet word voordat jy kan begin rondrits op jou twee wiele. Gelukkig vir jou is “Smiles Driving Academy” een van die beste bestuurskole vir beide motorfietse en motors in die Pretoria en Centurion omgewing. Ons ten volle opgeleide en ervare instrukteurs sal jou vat deur die hele proses en anderkant uitkry met jou lisensie en ‘n groot glimlag. Ons lesse dek beide die teorie asook die praktiese toepassings daarvan om seker te maak jy is 100% voorbereid vir jou toetsdag. “Smiles” doen ook al jou toetsdag besprekings vir jou, so al wat jy hoef te doen is kom vir les en ons doen die res! Ons bied ‘n verskeidenheid van pakette aan vir motorfiets leerders en lisensies en kan ook ‘n paket saamstel vir jou spesifieke behoeftes:
Motorfiets Leerders:
- Opsie 1 R850 (eie vervoer)
Besprekings Fooi: (ingesluit)
Bespreking en bevestiging: Gedoen deur die “Smiles” span
Studie Materiaal: Voorsien via epos
- Opsie 2 R1 200 (“Smiles” vervoer)
Besprekings Fooi: (ingesluit)
Bespreking en bevestiging: Gedoen deur die “Smiles” span
Toets Dag Vervoer: Met “Smiles” vervoer
Studie Materiaal: Voorsien via epos
- Opsie 3 R1 450 (Own Transport & Learners Training)
Besprekings Fooi: (ingesluit)
Leerders Klas Opleiding: 3 Uur Leerders klas by die “Smiles” kantore
Bespreking en bevestiging: Gedoen deur die “Smiles” span
Toets Dag Vervoer: Met “Smiles” vervoer
Studie Materiaal: Voorsien via epos
Motorcycle Licence:
- Opsie 1 R1 350 (eie vervoer)
Besprekings Fooi: (ingesluit)
Bestuurles: 2 Uur bestuurles ingesluit
Bespreking en bevestiging: Gedoen deur die “Smiles” span
Toets Sentrum: Kempton Park
- Opsie 2 R1 890 (own booking + “Smiles” transport)
Besprekings Fooi: (ingesluit)
Bestuurles: 2 Uur bestuurles ingesluit
Bestuurlisensie Toets: Gedoen met “Smiles” motorfiets
Toets Sentrum: Kempton Park
- Opsie 3 R2 740 (Gewild)
Besprekings Fooi: (ingesluit)
Bestuurles: 2 Uur bestuurles ingesluit
Bespreking en bevestiging: Gedoen deur die “Smiles” span
Bestuurlisensie Toets: Gedoen met “Smiles” motorfiets
Toets Sentrum: Kempton Park
- Opsie 4 R4 360* (Gewild)
*Spaar 10% (R436) wanneer die volledige bedrag vooraf betaal word
Besprekings Fooi: (ingesluit)
Bestuurles: 8 Uur bestuurles ingesluit
Bespreking en bevestiging: Gedoen deur die “Smiles” span
Bestuurlisensie Toets: Gedoen met “Smiles” motorfiets
Toets Sentrum: Kempton Park