Ontmoet die Smiles Driving Academy span

Struggling to get your driver’s license? Try Smiles!
March 29, 2021
Wat sê Pretoria kliënte van “Smiles” se diens?
April 7, 2021
Show all

Ontmoet die Smiles Driving Academy span

Sedert 2009 reeds maak ons jou “bestuursvernuf” ons prioriteit – en oor die laaste dekade het ons seker gemaak ons leef op tot ons naam! By “Smiles” neem ons glimlagte netso ernstig op as die verkryging van jou leerders- of bestuurderslisensie. Vandag is “Smiles Driving Academy” een van die beste bestuursakademies in die Pretoria en Centurion omgewing en ons 90% slaagsyfer getuig daarvan. Ons instrukteurs se doel is om studente te voorsien van ‘n stewige fondasie van algemene bestuursders kennis, pad reëls en pad veiligheid – alles wat nodig is vir intuïtiewe, veilige en suksesvolle bestuurders van motorfietse en motors.

Die “Smiles Driving Academy” hoofkantore is in Waverley, Pretoria, te 1220B Haarhoff East Straat, maar ons span van professionele en vriendelike instrukteurs sal jou by jou huis kom optel met een van ons moderne, ten volle toegeruste motors solank jy in die Pretoria of Centurion omgewing woonagtig is. Ons is beskikbaar 7 dae ‘n week vir privaat K53 bestuurderslesse, sodat ons by selfs die besigste van skedules kan aanpas. Ons begin aanvanklik met ‘n 2 uur lange bestuurdersles, sodat jou instrukteur kan aanbeveel hoeveel lesse jy gaan nodig hê om jou slaggereed te kry vir jou toetsdag. Wanneer jy gereed is help ons jou om ‘n afspraak by die verkeersdepartement te maak en jy kan selfs een van ons motors gebruik om die bestuurstoets meer af te lê.

Ons bied ‘n verskeidenheid opsies van pakette aan vir die suksesvolle verkryging van beide leerling- en bestuurderslisensies, en kan ook ‘n aangepaste paket opmaak wat die beste werk vir jou! “Smiles Driving Academy” strewe om altyd uitstekende diens met ‘n “smile” te lewer en niks maak ons gelukkiger as om ‘n ewe groot “smile” op ons suksesvolle kliënte se gesigte te sien nie! Volg ons gerus op Facebook om al ons suksesverhale te geniet: https://web.facebook.com/smilesdrivingacademy

Comments are closed.

WhatsApp WhatsApp Us