By Smiles Driving Academy gaan ons jou sommer vinnig tuis laat voel agter die stuurwiel. Ons vriendelike en professionele instrukteurs kan hulle diens lewer in beide Afrikaans en Engels, waarmee ookal jy die gemaklikste is. Ons missie is om jou bestuursdoelwitte met ‘n “Smile” te bereik! By Smiles Driving Academy gaan dit nie vir ons net oor ‘n lisensie kry nie, maar om ook ‘n kultuur van veilige en professionele bestuur by ons kliënte te kultifeer.

 Smiles Driving Academy neem die veiligheid van ons kliënte baie ernstig op tydens die tyd van Covid waarin ons onsself tans bevind. Daarom word al ons motors voor en na elke kliënt deeglik gesaniteer, al ons instrukteurs en kliënte dra ten alle tye gesigmaskers en saniteerder vir hande is vrylik beskikbaar by verskeie punte op die perseel asook in elke motor. Wees verseker dat Smiles Driving Academy jou veiligheid ‘n prioriteit maak, binne die motor, asook buite.

Ons bied ‘n verskeidenheid pakette aan, van leerling-lisensies in beide motors en motorfietse, tot ‘n kode EB bestuurders lisensie – sodat Smiles Driving Academy jou suksesvol en wettiglik op ons land se paaie kan kry met ‘n glimlag. Gaan kyk gerus op ons webtuiste na ons omvattende lys dienste en pryse, wat beskikbaar is in die Pretoria en Centurion omgewing: https://smilesdrivingacademy.co.za/drivers-service-options/

Maak ook ‘n draai op ons Facebook blad om al ons suksesvolle en glimlaggende “Smiles” kliënte te sien en van ons honderde gelukkige resensies te lees – dis nie verniet dat ons kan spog met ‘n 85-90% slaagsyfer nie! https://web.facebook.com/smilesdrivingacademy

#HoeOnsRol
#SmileEerstekeer
#EersteKeerBySmiles