By “Smiles Driving Academy” glo ons in vooruitgang en uitbreiding om te verseker dat ons altyd “voor in die koor bly” van bestuurskole en ons puik span van ervare instrukteurs getuig daarvan. Of dit nou op 2 wiele of 4 is, ons span van ervare instrukteurs is daar vir jou reg deur die hele proses – van leerders tot lisensie. “Smiles” se bestuurlesse sluit in ritte deur verskillende omgewings, insluitende die stad, sodat jy gemaklik is met enige pad enige plek!

Ons is altyd op soek na net die beste en mees ervare bestuurders en professionele instrukteurs om deel van ons span te word, sodat ons jou dieselfde top kwaliteit diens kan bied, maak nie saak met wie jy jou padjie stap (of bestuur) nie! “Smiles” is ‘n gevestigde klein besigheid gebou op gesinswaardes in ‘n professionele omgewing, waar ons graag bou aan persoonlike verhoudings met elkeen van ons kliënte, asook instrukteurs. Ons welkom dan graag vir Nikita – die nuutste professionele bestuursinstrukteur om die “Smiles” span te haal! Sy sien uit om haar ervaring en entoesiasme met julle te deel en seker te maak jy kry jou lisensie met ‘n smile net so groot soos haar eie.